VanwyksvleiNorthern CapeSports, Outdoors & MotoringWeg Ry & Sleep Bull Run 2026
Van Wyksvlei Vanwyksvlei, Northern Cape
Die Weg Ry & Sleep Bull Run is soos matriekvakansie vir grootmense. Dis ’n naweek van pret, kuier, stof en nuwe vriende van regoor die land wat op Van Wyksvlei in die Noord-Kaap toesak. Dié klein dorpie maak jaarliks hul deure vir ons oop om met ou karre die dorp te kom omkrap en vir ’n naweek weer 16-jaar oud te wees met Pa se karsleutels en reg vir pret.As jy nog nie by die Bull Run was nie, moet jy jouself skop en dinge in plek kry. Daar is beperkte plek, maar onbeperkte geleentheid om van jou grootste sorge te vergeet en net weer jouself te geniet.Dit vind hierdie jaar van 1 tot 4 Oktober plaas. Inskrywings is tans vol. Enige nuwe registrasies sal outomaties op die waglys geplaas word.
Source: quicket.co.za (opens in a new tab)Verified 22 Aug 2026